Mis in C-majeur, op. 86 (Beethoven)

Mis in C-majeur
deur Ludwig van Beethoven
Beethoven in ongeveer 1805, detail van 'n skildery portrait by Joseph Willibrord Mähler
ToonaardC-majeur
TeksMissa tota
Toewyding
  • Nikolaus II, Vors Esterházy de Galántha
Opgevoer13 September 1807, Eisenstadt
Gepubliseer1812, Leipzig
PubliseerderBreitkopf & Härtel
PartituurSoliste, koor en orkes

Ludwig van Beethoven het die Mis in C-majeur, op. 86, in 1807 gekomponeer in opdrag van Prins Nikolaus Esterházy II in 1807. Die mis, getoonset vir vir vokale soliste, koor en orkes, is in dieselfde jaar vir die eerste keer deur die prins se musici in Eisenstadt uitgevoer. Beethoven het ook dele van dié mis in sy 1808-konsert uitgevoer, waartydens vier ander belangrike werke ook gepremière is, onder meer die Simfonie no. 5 in C-mineur, op. 67. Die mis is in 1812 deur Breitkopf & Härtel gepubliseer.

Sowel die prins as die kontemporêre kritikus E.T.A. Hoffmann was oor die algemeen nie beïndruk deur die mis nie, hoewel Hoffmann dit steeds die meester waardig geag het weens die interne struktuur en die intelligente orkestrasie.[1] Die werk is sedertdien heeltemal oorskadu deur die latere en meer bekende Missa Solemnis, hoewel die kritikus meen dat die Mis in C-majeur die betere is omdat dit direk en emosioneel is.

  1. Sien Marston 2006, bl. 4.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy